Moenie jou lewensdeure oopskop nie

Tyd vir TV en fliek het ek nie baie nie, maar die ander aand vang my oog weer hoe een of ander karakter op die skerm ‘n deur skouer dat mens net skaniere sien trek. Ander kere skop hulle dit mos sommer so woerts-warts oop en storm binne.

Persoonlik het ek nog nooit probeer om ‘n deur oop te skouer of te skop nie. ‘n Mens kan mos seerkry in die proses! Maar hoeveel keer probeer ons nie om deure in ons lewens oop te forseer nie? Het dit dalk iets te doen met die kitsoplossingstyd waarin ons leef? ‘n Mens kan mos alles van kos tot raad in ‘n kits kry deesdae. Dit beteken ook dat ons baie keer ook genoop voel om kitsbesluite te neem. Partykeer met rampspoedige gevolge. Soms kan die “regte” keuse op die verkeerde tyd dinge lelik laat skeefdraai.

Hoe weet jy dan wanneer en wat om te besluit? Wel, daar is drie dinge wat ek altyd in berekening bring alvorens ek ‘n groot besluit neem. Dalk moet jy dit ook probeer. Ten eerste, vra jouself of dit wat jy nou wil doen strook met die Bybel? Bid oor die saak. Tweedens vra raad en leiding by ‘n kundige. As jy bv. jou eie besigheid wil begin, praat met iemand wat dit reeds suksesvol gedoen het. Lees en leer soveel as moontlik oor al die voordele, nadele, slaggate, suksesse en mislukkings van ander mense wat reeds die paadjie gestap het. Sodoende kan jy ‘n ingeligte besluit neem. Die belangrikste van alles, neem slegs ‘n besluit as jy vrede in jou hart het daaroor. En ja, wees geduldig, onthou die Prediker leer ons daar is ‘n tyd vir alles in die lewe. Soms moet ons in geloof wag voordat ons die keuses maak.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

The Five Love Languages
Love Languages

The Five Love Languages

Almost 3 decades ago, Gary Chapman’s The Five Love Languages, took the world by storm. 13 million copies later, it is still a popular communication

Read More »
Genade verstaan
Inspiration

Genade verstaan

Vandag het ek opnuut iets van genade verstaan. Ek lees in ‘n ou dagboek iets wat Stephan Joubert lank terug geskryf het: “Hoe meer ek

Read More »
Millennial stress
Stress

Millennial stress

There are more songs shaming Millennials than any other generational group. Hilarious songs, composed by? Millennials, of course.

Read More »