Die hart van ‘n dankbare mens

‘n Dankbare mens is ‘n gelukkige mens, het ‘n liewe outannie kleintyd vir my gesê. En ek het gedink dit klink mooi. Maar ek het nie eintlik dankbaarheid verstaan nie. Tot ek Ann Voskamp se boek One Thousand Gifts gelees het.
 
Die diepgewortelde pyn van haar kinderjare, wat begin het met die dood van haar sussie op twee toe sy maar net vier jaar oud was, het letsels van angs en depressie op haar jong lewe gelaat. 
 
As volwasse vrou en ma van ses, het sy die waarde van eucharisteo – (danksegging), charis (genade) en chara (vreugde) ontdek. Dié drie, het sy geleer, vat hande om jou deur elke dag en ook deur swaarkry te dra. Dis ‘n manier om te oorleef, om anders na die wêreld te kyk, om te verstaan wat God vir jou eenkant hou. Dis ‘n gewoonte wat ‘n mens kan aanleer en oefen – totdat dit soos asemhaal word. 
 
Sy het met ‘n dankie-boek begin, ‘n joernaal wat sy naby gehou het en kort-kort aangevul het. Die skoelapper op die vensterbank, die son wat deur die blare breek, het sy vasgevang soos kwashale van die oomblik.
 
Vriendinne het haar vreugde raakgesien en gevra: “Is dit jou lysie wat jou so verander het?” Sy het skielik besef dat dankie-sê – die neerskryf van elke ding waarvoor sy dankbaar is – haar dink en doen en veral haar manier van kyk verander het. Voor sy haar kom kry, was sy by ‘n duisend dankies.
 
Ek het myself uitgedaag om dieselfde te doen. Ek het met vyf dankie-dinge per dag begin, en na ‘n paar dae besef dat dié speletjie my gemoed verander. Ek het besef dat my bewolkte dae my dankbaarheid laat opdroog en dat ek letterlik my eie vuur kon blus. Toe skaf ek ‘n handsak-notaboekie aan en ek nommer die bladsye met 15 reëls per bladsy. 
 
Ek is haastig op pad na 1000 en ek is opgewonde oor my nuwe stel sintuie. My ore hoor die voëls wat lenteliedjies sing, my oë sien God se detail rondom my raak – in die natuur en in mense. ‘n Mens kan nie meer as een emosie op ‘n slag ervaar nie. As jy jou gedagtes eers inspan vir jou dankie-boek, kom maak vreugde nes in jou kop en jou hart.
 
Dankbare mense is nooit gevaarlike mense nie!

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

The Five Love Languages
Love Languages

The Five Love Languages

Almost 3 decades ago, Gary Chapman’s The Five Love Languages, took the world by storm. 13 million copies later, it is still a popular communication

Read More »
Slot en Grendel
Inspiration

Slot en Grendel

En hier sit ons, onder slot en grendel – en om die een of ander rede, is daar ‘n gevoel van oorgawe en selfs vrede,

Read More »
Is jy ‘n Meer-Meester?
Inspiration

Is jy ‘n Meer-Meester?

Multi-tasking is een van daai begrippe wat nie lekker in Afrikaans vertaal kan word nie. Dubbeldoener, Ratse Raakvatter, Meermeester – dis wat vir my nou

Read More »