Op skool was ek nie regtig lief vir geskiedenis nie. Want ek het nog nooit daarvan gehou om dinge uit my kop uit te leer nie. Soos datums en oorsake en gevolge van oorloë.
 
Dis vir my veel lekkerder om te verstaan hoe mense en die lewe en die wêreld in mekaar steek. Die misterie van die lewe en die uitdagings van menseverhoudinge is dinge wat my opgewonde maak en wat my seker sal besig hou totdat ek die dag my kop neerlê. Want mense is sulke interessante wesens – die slimstes kan onnosele dinge doen, en ek het van my grootste lewenslesse al by opregte, eenvoudige mense geleer.
 
Ek het egter op die oomblik ‘n gedagte wat my nie wil los nie. Ek betrap myself kort-kort, in hierdie vreemde tyd wat ons nou beleef, dat ek stilstaan en hardop dink: “Lynetta, jy is besig om geskiedenis te maak. Net omdat jy hier is.” 
 
Soms kry ek lus om die mense op die TV en dié wat saam met my in die kruidenierstou staan, by die skouers beet te kry en vir hulle te sê: “Hei, weet jy dat ons oor onsself in boeke gaan lees, eendag. Soos wat mense lees oor die Spaanse Griep en die Pes en ander vreeslike dinge wat die wêreld geskud het, gaan die mensdom terugkyk op die jaar 2020 en sê – dit was die jaar van Covid 19, toe die hele wêreld tot stillstand gekom het.”
 
Dié geskiedenismakery gaan vir my baie dieper as die statistiek, die vrese en die grappies wat ons so met mekaar deel. Ek soek nog na die vrae en die antwoorde waarmee ‘n geskiedenismaker homself moet peper. Ek weet ek wil groei in hierdie tyd. Ek wil nuwe dinge leer oor myself, oor mense en oorlewing en oor hoe ons by ‘n veranderde wêreld gaan aanpas.
 
Wanneer ‘n volgende generasie oor die jaar 2020 ‘n opstel moet skryf – wat gaan hulle van my en jou sê? Gaan die geskiedskrywers vertel hoe ons platgeslaan is deur ‘n ekonomiese depressie en deur vrees – of gaan hulle ons onthou vir ons mede-menslikheid en ons innerlike krag om aan te pas en terug te spring soos geen generasie voor ons dit nog reggekry het nie? 

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

You are the filing clerk
Inspiration

You are the filing clerk

It is not easy to understand the intricate relationship between our thoughts and emotions. We know that thoughts trigger emotions and we know that emotional

Read More »
Stress Handling Tips 3
Stress

Stress Handling Tips 3

A scientific definition of stress recently stopped me in my tracks. Physics describes it as the force that produces strain on a physical body and

Read More »
Millennial stress
Stress

Millennial stress

There are more songs shaming Millennials than any other generational group. Hilarious songs, composed by? Millennials, of course.

Read More »