Ek weet nie hoe gereeld die oumense ge-“spring-clean” het nie, maar ek kom gewis elke jaar agter wanneer ek hierdie belangrike opruimingstakie oorgeslaan het. Want dit voel vir my asof my baie ‘goeters’ in my pad begin staan.

En bygesê, ek is nie juis ‘n opgaarder nie. Ek hou van minimalisties en georden lewe want ek haat dit om na dinge te soek. Ek ek kan dit nie verdra as daar te veel dinge rondom my begin ophoop nie.

Wanneer laas het jy ordentlik gekyk na alles wat in jou huis rondstaan? Is alles wat daar is nog regtig nodig? Of is daar ook maar dinge waaraan jy so gewoond geraak het, dat jy nie eers meer agterkom dis daar nie. Dalk staan daar ‘n trapmeul waarop jy meer as ‘n jaar laas geklim het. Die werklikheid is dat dit jou elke aand laat skuldig voel en laat glo dat jy volgende week met alle erns gaan begin fiks word. Maar jy weet so goed soos al jou vriende en huismense dat daar min van gaan kom. Skenk hom vir die kerkbasaar om verkoop te word!

Ek glo dat baie van ons met dieselfde opgaarprobleem in ons koppe sit. Ons weet dat daar nie balans in ons lewens is nie – ons skeep of die gesin of ons gesondheid af. En ons verhoudings het oor die algemeen aandag nodig.

Soms het ons ‘n “stop-om-te-doen” lysie nodiger as ‘n “doenlysie”. 

Miskien is daar iets voor te sê om ‘n lente-kopskoonmaak meer as eenkeer per jaar te doen. 

En dit, het ek pas besluit, is waarmee ek wil begin – sommer nog met vanaand se sonsak. Met ‘n ginnetjie in die hand wil ek dink watter deel van die gedruis in my kop, die oormaat planne en gedagtes, opgeruim kan word vir ‘n nuwe, opgeruimde begin.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Life isn’t fair
Inspiration

Life isn’t fair

I am a declared optimist. Negative people give me the jitters and I cannot get out of their company fast enough. But I am also

Read More »
Motivation by appreciation
Love Languages

Motivation by Appreciation

How motivated is your team to work? Do they feel appreciated? It’s astonishing to see how many people leave relatively high-paying jobs because they don’t

Read More »
Wat wil jy nalaat?
Inspiration

Wat wil jy nalaat?

Ek was in die laaste tyd betrokke by ‘n paar begrafnisse. Dis nooit lekker nie. Maar dis een van die feite van die lewe waarmee

Read More »
Groot leiers
Inspiration

Groot leiers

“Groot leiers het almal een ding in gemeen”, skryf Johan Maxwell in sy boek Developing the leaders Around You: Hulle maak werk van dié wat

Read More »