‘n Terugblik op Januarie 2025

Hoe gaan dit met jou so aan die begin van die jaar? Het jy ook soos ek die behoefte dat Januariemaand kalm en besadig moet wegtrek? Het die jaar só vir jou begin of was dit meer ’n geval van die eerste werksweke wat weer soos ’n muil vol draadwerk afgeskop het?

As ek so terugkyk na die begin van die jaar lyk dit vir my of 2025 wêreldwyd wilder en woester begin het as vorige jare … Dit het my veral opgeval omdat my eerste maand op ’n heeltemal ander noot afgeskop het as waaraan ek gewoond is. Ek was nog tot laat in Januarie met vakansie!

Eintlik wil ek die uitroepteken weglaat soos wat ek sit en tik en dit net saggies fluister, want ek is amper bietjie skaam oor hierdie heerlike luukse. Ek het nog nooit in my lewe só lank en só deeglik gerus en weggebreek nie. Dit was 35 dae van alles wat lekker is. (Ja, jy lees reg: vyf en dertig dae – ’n seën!)

Maar kom ek vertel eers van al die opwindende dinge in die besigheid

Sedert ons nuwe platform geloods is – waarvan jy ’n hoogs gewaardeerde lid is – gebeur soveel wonderlike nuwe dinge. Daar is nuwe planne, geleenthede, strukture, stelsels, sisteme en metodes wat geïmplementeer moet word. Dit maak my so opgewonde.

Daar is soveel nuwe navrae oor EQ4Kids en ons het twee splinternuwe franchises – een in Moot/Montana, Pretoria en een in Rustenburg. Hulle is opgelei en reg om ouers en kinders tussen die ouderdom van 3 en 18 jaar te leer van emosionele intelligensie en ander noodsaaklike lewensvaardighede. Hulle bied ook werkswinkels vir laerskool- en hoërskoolleerders aan.

(Terloops, ek weet die Afrikaanse woord vir “franchise” is “konsessie”, maar as jy my dit sal vergun, gebruik ek gebruik liewer die alombekende Engelse woord.)

Hou ook EQ4Kids op die platform dop vir opwindende video’s en aanvullende produkte wat ons gaan oplaai om die franchises en hulle fantastiese werk meer sigbaar te maak. Gaan kyk waar is die naaste franchise aan jou of jou vriende of familie!

Nog ’n manier om EQ4Kids se trefkrag te vergroot, is ons splinternuwe verbintenis met Pienkvoet Pret. Dis Anelia Prinsloo se baba, oftewel ma-en-baba-program. Daar is groepe wat dwarsoor die land op ’n weeklikse basis bymekaarkom.

Elke ma speel onder leiding van die groepleier met haar baba volgens ’n goed uitgewerkte kurrikulum waarmee die ontwikkeling van die kindjie gestimuleer word. Die band tussen ma en kind word versterk en tussendeur versterk die ma’s natuurlik mekaar se gemoedere.

Pienkvoet Pret speel in Afrikaans en Engels, en is bedoel vir babas en peuters tot die ouderdom van drie jaar. Dis mooi netjies die ouderdom van die jongste kinders waarop EQ4Kids fokus. Ons stuur nou swanger ma’s en babas wat oor ons pad kom na hulle toe en hulle stuur hulle ouer outjies na ons toe. So ’n mooi besigheidsverbintenis ter wille van ons kinders!

Die span van Wired Flip the Switch is ook al aan die woel en werskaf met tieners (12-18 jaar) en hulle ouers nog vóór die skole begin het. Hui-Mari het honderde kilometers gereis om haar kennis oor studievaardighede, kritiese denke, leerderbemagtiging en gesinsdinamika met pa’s, ma’s, kinders en onderwysers te deel. Party sessies was individueel en ander in groot groepe.

Kliek gerus – inligting oor Wired Flip the Switch se studiemetodes en leierskapswerkswinkels is op ons platform. Temperamentsverskille gekombineer met leermetodes wat regtig werk, is ’n wenkombinasie vir alle tieners (en hulle ouers) wat toetse en eksamens moet aandurf. Vertel vir almal!

Kop skoonmaak – en bril skoonmaak – by die derde see

Die begin-van-die-jaar Kaapse draai wat ek gemaak het, gaan lank bo-aan my dankbaarheidslys staan. Saam met vriende het ek die see en die sand van Gordonsbaai geniet. Ná die eksotiese avonture van Madagaskar en die familievreugde van die Suidkus, was dit ’n gans anders belewenis.

Die huis waar ons gekuier het, was net 38 treë van die see af! Net ’n stukkie gras het tussen my en die strand gelê. Elke dag was daarom stapdag. Enersyds het ek ver ente geloop om my “Vitality” punte te kry en andersyds sodat ek meer kon eet sonder gewigtige gevolge.

Hierdie staptye het ek gebruik om te dink en te droom. Aan die begin van elke jaar het ek die gewoonte om myself ’n paar vrae te vra. Dit behels nogal pynlike eerlikheid met myself. Maar dit het vir my ’n noodsaaklikheid geword om my jaar so te begin.

Ek vra myself: Watter dinge, gewoontes of denkpatrone moet ek afskud, verander of aanpas, en watter moet ek behou of versterk?

Dis soos ’n jaarlikse groot skoonmaak nog lank voor die lente aanbreek. Dis afstof en uitgooi van dinge wat my hart vol staan. Want jy weet mos, van die stowwerige, stukkende dinge waarvan die hart tot oorlopens toe vol is, word die kop deurmekaar!

Ek bid oor die vrae en ook die antwoorde wat in my gedagtes kom lê en maak aantekeninge in my joernaal. Daar is geen haas nie – my onderbewussyn moet genoeg tyd kry om deur die hele vorige jaar se suksesse, teleurstellings en lesse te werk.

Daar op Gordonsbaai se strand het ek vir my alleentyd gemaak om saam met die Here deur 2024 te stap. My oujaar se dagboek het nat geword van die soutdruppels uit die see en my eie oë. Soms kon ek nie mooi lees nie, want die lense van my bril het wasig geword. Dan het ek ’n lappie uitgehaal en my lense afgevee – en soms ook my eie oë.

Soms het ek gelees soos ’n ribbok wat met vaste tred op hoë plekke veilig loop. Ander kere moes ek myself dwing om moeilike waarhede in die oë te kyk en het ek gevoel soos ’n skilpad wat eerder in my dop wil kruip.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Make a warm impression
Inspiration

Make a warm impression

It is an early cool morning in central Johannesburg. Picture the fancy foyer meeting place of mostly strangers, arriving for a day conference. They are

Read More »