Opinies, opinies, opinies! Ons het dikwels ‘n vrye mening oor ander mense. Wat hulle behoort aan te trek, hoe hul haarstyl moet wees, hoe hulle hul kinders moet opvoed en selfs vir watter party hulle moet stem. Wanneer hulle nie volgens ons voorskrifte optree nie, oordeel ons hulle graag en dit lei as ‘n reël tot ongemak in die verhouding. Plato het met geleentheid gesê: “Wise men talk because they have something to say, fools talk because they have nothing to say.”

Ek moet my voortdurend daaraan herinner dat ander mense se manier van doen eintlik niks met my te make het nie. Ons wil soms ook graag weet wat waar gebeur en wat in ander mense se lewens aangaan. Het jy ook al probeer uitvind wat in ander mense se lewens aangaan net om later uit te vind dat dit jou vrede gesteel het? Wat ons nie weet nie, kan ons ook nie ontstel nie.

Het jy al gewonder waarom ons soms graag ons opinie ongevraagd gee? Ek dink dit gee aan ons ‘n tipe van mag en laat ons belangrik voel. Dit laat ons egter meestal in die moeilikheid, asook ongewild!

Dalk, indien ons ons waarde in Christus besef, sal ons nie waarde soek in hierdie ongoddelike optrede nie. ‘n Mens met ‘n Christuswaarde het geen behoefte om homself heeltyd te bewys nie. Indien jy gevra word vir ‘n opinie gee jy dit en indien dit sonder weerstand aanvaar word is dit goed, maar wanneer daar weerstand is, verdedig jy nie en dwing jou mening ook nie af nie.

Soms voel ons verwerp, maar die ander persoon het ‘n reg op ‘n opinie. Onthou die waarheid omtrent onsself maak gewoonlik seer, maar dit is die enigste deur tot vryheid.

Doen jouself ‘n guns en bepaal jou by jou eie besigheid. Dit sal jou vrede gee en meer vrede bring gewoonlik meer blydskap.

“ Verder, laat dit vir julle ‘n saak van eer wees om rustig te lewe, met julle eie sake besig te wees en met julle eie hande te werk .”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Oogkontak
Inspiration

Oogkontak

Ek kan my verkyk aan mense. Omdat ek baie ure op lughawens deurbring, het dit al vir my tweede natuur geword om my mede-reisigers dop

Read More »
Why are you unhappy?
Inspiration

Why are you unhappy?

It’s scary how many people nowadays are unhappy with themselves, their work, children, partners, family and actually just life in general. They feel like they

Read More »
Integrity Be Yourself
Inspiration

Integrity – Be Yourself

The word integrity has its roots in the Latin word integer, which means whole, uncorrupted, in its original perfect condition. In the old Oxford dictionary,

Read More »