Ek sit een laatmiddag rustig in my agtertuin en wag vir die skemer en die son om te sak. Uit die bloute kom sit ʼn kuifkophoutkapper op die telefoondraad bokant my. Die hansworserige voëltjie met sy kleurvolle vere, sy geel maag met rooi spikkels, sy swart vlerke met wit spikkels en die breë swart band om sy nek, het my nog altyd laat glimlag. Hy lyk altyd vir my so kordaat en vol attitude met sy gespikkelde geel en rooi gesig met die klein swart kuifie. 

Ek het in my voëlboek gelees dat hulle in holtes in bome broei en alleen of in pare aangetref word. Hulle vreet insekte maar ook ander voëls se eiers en vrugte en hulle kan nogal aggressief wees teenoor ander voëls soos duiwe en lysters in hulle gebied. Hulle vlieg nie maklik nie en vlieg gewoonlik net vir kort afstande.

Soms kom klop hy aan my kamervenster asof hy kyk of ek vandag gaan bly lê. Maar vanaand vlieg hy tot bo-op die telefoondraad. Kort voor lank kom sit daar nog een langs hom en die twee begin saam-saam aan ʼn liedjie sing. Eers begin hulle met die skril, aanhoudende tril-geluid van die houtkapper, maar na ʼn rukkie verander dit regtig in ʼn heen-en-weer singery.

En toe gebeur die ongelooflikste ding: van nêrens af nie, daag nog 14 kleiner voëltjies op, ingeryg op dieselfde telefoondraad. Asof hulle vir die konsert opdaag. Die twee houtkappers het nog ʼn tydlank aanhou sing – en toe skielik opgehou. En soos een voël, gee die klein voëltjies pad. Konsert verby, huis-toe-gaan-tyd. En toe groet my twee houtkappervriende ook.

Maar die prentjie het in my kop agtergebly – en selfs daar nes gemaak. As ek my oë toemaak, sien ek hulle nog daar sit en hoor ek die liedjie. En ek wil sommer net dankie sê vir my spesiale kaartjie op die galery… 

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Why are you unhappy?
Inspiration

Why are you unhappy?

It’s scary how many people nowadays are unhappy with themselves, their work, children, partners, family and actually just life in general. They feel like they

Read More »
Hoe lyk my uitdagings?
Inspiration

Hoe lyk my uitdagings?

Ek moes onlangs ‘n aanbieding vir ‘n korporatiewe groep voorberei. In plaas van die gebruiklike versoek vir ‘n CV, stuur hulle vir my ‘n paar

Read More »
Who can I love today?
Inspiration

Who can I love today?

I often find myself getting irritable with other people’s behaviour. This happens almost automatically in traffic, particularly on busy mornings.

Read More »
Emosionele higiëne
Emotions

Emosionele higiëne

Al die gespuit en handewassery het die term higiëne nuwe betekenis gegee in ons lewens. Huise en winkels ruik al soos hospitale. Ons hande is

Read More »